Jessica Paddock van Benoni skryf Ek het houtplanke gebruik om ’n muur in my sitkamer te beklee, maar nou het als skeefgetrek! Hoe kan ek dit regmaak?
Tuis se selfdoen-ghoeroe, Deon de Goede, antwoord Die beste oplossing is om al die planke te verwyder. Boor en skroef horisontale stutte teen die muur vas om ’n raam vir jou vertikale planke te vorm. Daarna kan jy die bekleding teen die raam vassit met kouelym en spykers. Gebruik ovaal spykers en kap dit teen ’n hoek van 45° in die stutte.
Ek stel ook voor jy verseël die hout met drie lae Woodoc Water-Borne Matt; onthou om die verseëlaar tussen lae te laat droog word.