book-icon Uitgawe April 2022

Ontwerp & wen jou droomkombuis!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
R100 000 se asemrowende losstaande kaste van Milestone Kitchens kan joune wees...
Kry inspirasie!

Loer na Milestone Kitchens se fotogalery by milestonekitchens.co.za, leserhuise in Tuis|Home, Instagram en Pinterest, en vind uit wat presies in jou smaak val.

Onthou! Al Milestone Kitchens se eenhede kan presies volgens jou behoeftes pasgemaak word.

Begeer jy ’n splinternuwe kombuis wat aan al jou vereistes sal voldoen? Skryf dan in vir Milestone Kitchens se Dream Design-kompetisie. Wie weet, dalk kan die hart van jou huis binnekort ’n lieflike nuwe voorkoms hê!

Losstaande kombuiskaste is net só veelsydig, en met hierdie wedstryd kan jy die eindelose moontlikhede ondersoek wat Milestone Kitchens se groot reeks handgemaakte eenhede jou bied. 

Al wat jy hoef te doen, is droom, meet, jou gunstelingkaste aanlyn kies by milestonekitchens.co.za, en pen op paper sit. Wie ook al die beste ontwerp en motivering voorlê waarom ’n oormaaksessie met Milestone Kitchens se losstaande eenhede die perfekte oplossing vir hulle gaan wees, kry R100 000 afslag op die nuwe kombuis van hul drome.

SKRYF SÓ IN

1 Meet jou kombuis en teken die buitelyne op ’n stuk papier. Die skaal van jou kombuis en kombuiskaste hoef nie akkuraat te wees nie, maar jy moet met die werklike mate van jou ruimte en die kaste wat jy wil gebruik, werk. Dui vensters aan, veral wanneer jy hoër eenhede soos die Coffee Dresser wil insit. 

2 Besoek milestonekitchens.co.za, klik op “Get a Quote” en dan op “Design Your Own Kitchen” en laai die geïllustreerde pryslys af – dit sluit sketse en die afmetings van elke beskikbare item in. 

3 Gryp ’n potlood en liniaal en begin teken; hou die mate van jou eie kombuis en die grootte van elke kaseenheid in gedagte. 

4 Maak seker jy’s gelukkig met jou ontwerp, skandeer dit en heg dit aan die e-pos met jou motivering van hoogstens 150 woorde. Stuur jou inskrywing na redakteur@tuis.co.za.

SLUITINGSDATUM 31 Mei 2022

LET WEL

• Jy kan jou kombuisplan met die hand of digitaal met behulp van ’n program soos SketchUp teken. Of gebruik Milestone Kitchens se eie kombuisbeplanner om jou ontwerp te skep – klik op die “Get a Quote”-blokkie op hul webblad, en dan op “Design Your Own Kitchen”. 

• Die Tuis | Home-span, in samewerking met Milestone Kitchens, sal die wenner aanwys. Die prys sluit ’n driedimensionele ontwerp van die weninskrywing in wat in ’n latere uitgawe sal verskyn. Die wenner hoef nie by hul oorspronklike plan te hou nie en kan dit in konsultasie met die Milestone Kitchens-ontwerpspan aanpas.

ONTWERPPLANNE

U-vormige kombuis
L-vormige kombuis
wen
Eiland-vloerplan

Maak die gedagte dat jy jou eie kombuis moet ontwerp jou senuweeagtig? Ontspan! Volg net dié wenke van die Milestone-span, Silvia en Sabrina Miles:

• Die werkdriehoek Die belangrikste drie elemente in enige kombuis is die stoof, wasbak en yskas. Vir ’n naatlose werkvloei moet niks die beweging tussen dié punte belemmer nie. Al het jy ook ’n aparte opwashoekie, is ’n spoelwasbak in die kookarea ’n goeie idee. 

• Werkareas Sorg dat daar plek naby die stoof vir kosvoorbereiding is en om bestanddele te bêre. Links of regs van die stoof is ideaal vir pot- en eetgereilaaie, terwyl die muur daarbo perfek is vir ’n Milestone Kitchens-speseryrakkie of -muureenheid. Plek langs die opwasbak waar jy vuil skottelgoed kan stapel en die skoon goed kan droog word, is noodsaaklik, tensy jy ’n skottelgoedwasser het – plaas dié ook naby die opwasbak, dan is al die waterpunte bymekaar. ’n Oppervlak naby die yskas en spenskas is nuttig vir kruideniersware uitpak wanneer jy van die winkel af kom. 

• ’n Sentrale eiland met ’n oorhoofse lig is gewild in moderne kombuise. As jy genoeg plek het, plaas dit naby die stoof en nie te ver van die eetarea nie sodat jy dit kan gebruik vir kosvoorbereiding en opdiening van maaltye. Maak net seker dit belemmer nie jou werkdriehoek nie. 

Goeie taakbeligting is uiters belangrik. En indien jy nog vensters kan insit, maak beslis so!

• Dink deeglik na oor oppervlakke en afwerkings. In ’n kombuis met losstaande kaste kan jy verskillende werkblaaie meng en pas – byvoorbeeld klip rondom die opwasbak, hout op die eiland en vlekvrye staal vir jou deegwerktafel.

• Skep simmetrie met vorms, kleur en spasiëring. So kan jy jou hoë kaste (soos ’n kruidenierskas en yskas) aan teenoorstaande kante van ’n muur plaas met die stoof in die middel.

• Wanneer dit by kleur kom, kies ’n palet en hou daarby. Gebruik sterk skakerings vir fokuspunte en neutrale tone vir eenvormigheid. 

* Die wenner moet hul bestelling voor of op 31 Maart 2023 plaas; Biddulphs International saldie kombuis gratis enige plek in Suid-Afrika aflewer. 

KOMPETISIEREËLS

1 Enigiemand in Suid-Afrika mag deelneem, buiten werknemers van Media24, die kompetisieborge, hul filiale, advertensie- en promosie-agentskappe en hul gesinslede.

2 Pryse word toegeken aan die eerste korrekte inskrywings wat getrek word en wenners sal telefonies of per e-pos in kennis gestel word.

3 SMS-kompetisiewenners word lukraak uit al die SMS-inskrywings gekies.

4 Die organiseerders se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

5 Pryse kan nie verander, oorgedra, uitgestel of vir kontant geruil word nie.

6 Die onus rus op kliënte om die pryse te verskaf. Tuis kan nie verantwoordelik gehou word vir probleme met en vertragings in die gestanddoening van die pryse nie.

7 Pryse moet binne 6 maande ná kennisgewing opgeëis word; uitstel sal slegs verleen word indien die borge skriftelik daartoe instem.

• As gevolg van Covid-19 kan produkvoorrade beperk wees; nader individuele verskaffers vir inligting.

Jongste uitgawe

Julie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees