Patricia Surmon van Vereeniging skryf Ons badkamervloer is bedek met gladde hoëglans-teëls. Is daar enige oplossing buiten om oor te teël?
Die Tuis-medewerker Shelly Bergh antwoord Maak eerstens seker enige matte in die vertrek het glyvaste rugkante. Indien nie, kan jy ’n glyvaste rugkant koop by ’n ysterwarewinkel soos Builders.
As alternatief kan jy ’n egalige laag RustOleum Industrial Choice Anti-Slip Spray op die vloer aanwend. Berei die oppervlak voor deur dit deeglik met seep en water skoon te maak; laat dit dan goed droog word. Maak al die oppervlakke wat jy nie wil behandel nie toe met plastiekvelle en maskeerband. Spuit dan ’n egalige laag van die middel oor die vloer. Laat dit heeltemal droog word voor jy daarop loop.