Vraag:
My spaarkamer se plafon lyk oneweredig en die muur bo die deur het onlangs gekraak. Dit lyk onooglik en ’n bietjie afgerem, al is dit onlangs geverf. Wat kan ek doen? Kan ek bolangs mooimaak en hoop op die beste, of moet ek maar die plafonbord vervang en ’n kenner inkry om die kraak te herstel?
Heidi Masters van Alcolin antwoord: Ek wil net noem ons beveel gewoonlik kraakvuller aan vir die kraak in die muur, maar omdat die kraak in die muur én die plafonlys is, sal jy bespaar deur ’n akriel-verseëlaar – wat vir albei sal werk – te gebruik.
Kraakvuller is nie buigsaam nie; daarom is dit nie die beste opsie vir dié kraak nie. Jy kan Alcolin Acrylic Sealant gebruik – dit sal die gaping in die plafonlys en muur vul. Klik hier vir nog inligting en ’n nuttige video.
Kenmerke en voordele
• Die vuller is verfbaar binne een uur – ideaal vir as jy ’n kitsoplossing soek.
• Dis buigsaam en kraakbestand.
• Dit kleef goed aan ’n verskeidenheid substrate.
• Die produk lewer ’n gladde afwerking – dis nie nodig om te skuur nie.
• Dit sal nie afsak nie, so dit kan aan vertikale oppervlakke aangewend word.
• Dit vul gapings, wat dit ideaal maak om krake te vul.
• Die vuller het ’n waterbasis, lae reuk en is nie-giftig, wat dit veilig maak om te gebruik.
• Dis bestand teen UV-bestraling en vog – dit is ook uiters duursaam, wat dit geskik maak vir buitegebruik.
• Droë waterdigting is bestand teen roes en skimmel.