book-icon Uitgawe Oktober | November 2021

Vra die dekor-kenners

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
lombard, soer, prins albert, reader home, reno, renovation, karoo
lombard, soer, prins albert, reader home, reno, renovation, karoo

Sandra Wheaton Nel van Pretoria skryf: Ek is besig met ’n kombuis-opknap waar die kaste in Plascon Natural White geverf is; ek oorweeg steierplanke vir die blaaie. Hoe seël ek die hout, en watter kleur beits sou julle aanbeveel? Ek hou van die kleur van die tafel op bladsy 93 in Tuis Opknap 2020, mits dit nie te rooi of te geel is nie. Ek sou dit ’n bietjie donkerder verkies. Kan julle help? 

Frikkie Greeff van Woodoc antwoord: Jy kan hout maklik beits en seël met ’n Woodoc-verseëlaar gekombineer met die geskikte Woodoc Colours. Die natuurlike voorkoms van die hout sal in ’n groot mate die uiteindelike kleur bepaal; Woodoc bring die houtvoorkoms uit, pleks van dit te verbloem. Jy sal dus ’n bietjie moet eksperimenteer totdat jy die regte kleur en intensiteit verkry. 

Ons beveel Woodoc 25 Floor Sealer aan op hout in ’n kombuis, aangesien dié produk ’n sterk, duursame afwerking bied. Woodoc 25 is beskikbaar in Clear Satin (’n diep, gepoleerde glansafwerking) en Clear Matt. Woodoc Colours is beskikbaar in Brights, Fashion Shades en Wood Shades – laasgenoemde sluit kleure soos kiaat, eikehout, rooshout, embuia, ebbehout, Oregon, geelhout en meranti in. Vir die beste resultate, toets die kleur só: Voeg 20ml Woodoc Colours Teak by 1 liter Woodoc 25 Clear Matt, roer baie goed met ’n plat roerspaan en wend ’n ruim laag op ’n onopsigtelike deel van die hout aan. Laat dit droog word en wend dan nog ’n laag aan. Elke laag wat jy aanwend, sal die kleur versterk.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees