Jacqui Tutton van Gqeberha skryf: Ons het huise geruil met my skoonpa: Hy is na ’n kleiner eiendom, terwyl ons na sy ruim erf met ’n groot tuin vir ons seuns getrek het. Nou wil ek graag ’n opknapprojek aanpak, iets wat ek self op ’n begroting kan doen. Ons het die slaapkamermure liggrys geverf; watter kleur sou julle vir die bedkassies voorstel? Ek beoog om die ingeboude houtkaste in die aantrekkamer te verf in ’n donker vlootblou, en dan wil ek oor die bestaande badkamerteëls verf. Enige wenke?
Jani Augustyn-Goussard van Paint & Decor DIY antwoord: Ek dink die huidige tendens om ’n ruimte met kleur te “deurdrenk” – waar skakerings en tone van een kleur op verskillende oppervlakke in ’n vertrek gebruik word – sal goed vir jou werk.