Sané du Toit van Buffeljagsrivier skryf: Ons is tans besig om verfkleure te kies vir ons skooltjie in Buffeljagsrivier. Watter kleure sal prakties wees vir die buitemure? Ons skoolkleure is vlootblou en geel. Kan ons dalk die dak vlootblou verf?
Jenny Moolman, handelsmerkbestuurder by Duram Smart Paint, antwoord: ’n Mens moet talle faktore oorweeg wanneer jy die regte soort verf moet kies, en kleur is ’n baie persoonlike keuse. Die kleurskema vir ’n gebou word gewoonlik bepaal deur die substraat wat geverf moet word, enige bykomende materiaal soos hout wat nié geverf word nie, elemente soos vensterrame, dakrande en hekke, asook hoe die geheel saamwerk.