Jane Dlamini van Johannesburg skryf: Ek oorweeg om ’n filter onder my kombuistoonbank te installeer, maar wonder of dit werklik die watergehalte sal verbeter. En wat behels die installering – is dit iets wat ek self kan doen?
Sebasti Badenhorst van JoJo antwoord: Dit is iets wat baie mense wil weet noudat volgehoue toegang tot water van goeie gehalte voorop in ons gedagtes is.
Die perfekte oplossing sou wees om seker te maak jy kry water wat aan die hoogste vlakke van suiwerheid en veiligheid voldoen elke keer dat jy die kraan oopdraai. Ongelukkig is dit nie die geval nie.