Deel

Vra die kenners - kyk ons oplossings vir lelike pilare

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Marina Visser van Kaapstad skryf: Hoe kan ek die opvallende pilare en boog by my voordeur verbloem? Die basisse is ongeveer 1,5 m van mekaar af en ek sien eenvoudig nie kans daarvoor om hulle af te breek nie. Ek het al houttraliewerk of ’n aluminiumraam wat die pilare en bokant van die boog bedek, oorweeg; selfs houtbekleding vir die hele muur. Maar ek is so bang dit gaan net die seeroog beklemtoon.

Wouter le Roux van Hello Charlie Interior Design Studio antwoord: Jou beste oplossing gaan beslis wees om die pilare af te breek. Volgens die foto lyk dit nie of hulle enige strukturele ondersteuning bied nie, maar dis iets wat ’n ingenieur maklik kan bepaal. Ek sou aanbeveel dat jy die pilare verwyder en daardie dele toebou en pleister. 

Aan die ander kant, as jy regtig nie kans sien vir so ’n projek nie, is die goeie nuus dat boë weer hoogmode is. Oorweeg dit om die deur met ’n meer kontemporêre weergawe te vervang; iets soos ’n patryspoort-venster sal die boog komplementeer en natuurlike lig inlaat, net soos tevore. Indien jy die pilare behou, verf dit dieselfde kleur (of dalk een of twee skakerings ligter) as die mure sodat dit deel word van die geheel, pleks dat dit daarteen uitstaan.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Julie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees