Murray Ingram van Kaapstad skryf: Ek wil my ouers help om blyplek in ’n aftreeoord te kry. Met die hemelhoë pryse van dié soort eiendomme wonder ek of dit wys is om ’n huis in so ’n oord te koop. Watter ander opsies is beskikbaar?
Barry Kaganson, uitvoerende hoof van Auria Senior Living, antwoord: Daar is verskeie leefstylopsies vir senior burgers en dit neem tyd om al die keuses te ondersoek voordat ’n mens die regte besluit kan neem.