
IsoBoard bied jou ’n isolasie-oplossing vir nuwe én bestaande geboue, en dis een wat jy maklik self kan installeer.
Nou kan jou huis enige temperatuurskommelings sonder moeite trotseer en kan jy jou leef- en werkruimte gemaklik hou vir die volle leeftyd van die gebou.Dié omgewingsvriendelike termiese isolasie is geskik vir al die onderskeie dele van jou huis en is net so veelsydig as wat dit doeltreffend is.
Dit hou jou huis se temperatuur konstant, wat beteken jy gebruik minder elektrisiteit vir verwarming óf verkoeling
IsoBoard kan met waterbasisverf en houtbeits behandel word om by jou kleurskema te pas.
As jy ’n nuwe plafon oorweeg, kan jy die oue behou en IsoBoard direk daaronder installeer – ’n vinnige, permanente oplossing met die minste moeite of mors!
Aanliggende borde knip met tong-en-groefrande aan mekaar, wat installering vergemaklik en ’n ononderbroke hitte-isolasielaag verseker.
Gebruik IsoBoard se versteekte knippe en kleefmiddel wanneer jy jou plafon installeer.IsoBoard is beskikbaar in diktes van 30 tot 80 mm en lengtes tot 8 m, wat aan al jou vereistes vir termiese isolasie sal voldoen.
Vir nog wenke, planne en inligting, besoek isoboard.com.