Die 2022 Weg! Stapgids is nou te koop!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
w
w
Dié nuutste uitgawe bevat alles wat jy moet weet om te gaan stap – van ’n storie oor die epiese Rim of Africa-roete van 750 km tot ’n kindervriendelike oornagroete in Fernkloof, plus fantastiese toerusting en apps vir die buitelewe.

Dis tyd om jou stapskoene se veters vas te maak en die volgende avontuur aan te pak met 2022 se Weg! Stapgids. In dié uitgawe praat die span met die mense wat die jaarlikse Rim of Africa-pelgrimstog van 750 km deur die Cape Fold-bergreeks moontlik maak.  

Is jy op soek na ’n kindervriendelike oornagroete? Esma Marnewick naam haar twee dogters (tien en sewe jaar oud) op die Galpin-roete in die Fernkloof-Natuurreservaat naby Hermanus.  

Op die Harkerville-sirkelroete tussen Plettenbergbaai en Knysna kan stappers die woude en klowe van die Tuinroete in slegs twee dae ervaar.

En as jy mik na die Karoo, sal die Drie Pieke-uitdaging in die Sneeuberg naby Graaff-Reinet jou klein – en spesiaal – laat voel.  

In hierdie uitgawe sal jy ook verskeie roetes ontdek om op jou stapwenslysie te plaas, van ’n wildernisroete in die Nasionale Krugerwildtuin tot die multidag-Wupperthal 66 in die Cederberg, sowel as ’n klomp dagstappe.  

Daarby beveel die Weg!-stapspan hul beste toerusting aan. Plus apps waarmee jy jou selfoon in ’n veldgids, voëlgids, weervoorspeller, ’n roete-aanwyser en kompas kan omskep.

Kry vandag nog jou eksemplaar. Beskikbaar by winkels en deur die Media24 Winkel.

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees