Die Bespoke-yskas, ontwerp deur jou, sal jou kombuis omskep

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Uiteindelik! ’n Kans om die yskas te maak soos jý dit wil hê.

Suid-Afrika se voorste ontwerpers, dékor spesialiste en almal met ’n passie vir ontwerp, was ontmiddellik betower met die bekendstelling van die Samsung BESPOKE-yskas.

Dis geskep om jou unieke smaak en styl uit te beeld, wat die Samsung BESPOKE 4-Door Flex™-yskas anders maak as enige ander yskas wat jy al gehad het. Van die voorste panele wat verander kan word, die reeks kleur- en materiaal-opsies, tot die veranderlike bere- en stoorplekopsies, sal dié yskas jou kombuis se voorkoms tot ’n heel ander vlak verhef.

Dis innovasie wat jou uitnooi om jou persoonlike smaak en styl vryelik uit te beeld in die kombuis. Daar is verskeie redes waarom jy die BESPOKE-yskas onweerstaanbaar sal vind. Jy kan nou meng en pas by jou kombuis se voorkoms met jou gunsteling kleur en afwerking, sonder om in te boet met verkoelingsvermoëns.

Daar is ’n veranderlike voorste panneelontwerp, stoorplek wat konstant omskep kan word om die beste stoorplek te skep vir jou behoeftes, en ’n vlymskerp, moderne ontwerp wat nateloos in enige kombuis pas. Die afwerking, kleur, materiaal of stoorplekopsies is alles vir jou om te kies.

Een van dié is Glam Glass, wat ’n gevoel van helderheid skep in die beskikbare spasie. Daar is ook Satin Glass, wat ’n gevoel van gemak skep met sagte, delikate glas. Die BESPOKE-yskas blaas lewe in elke mens se daaglikse aktiwiteite in die kombuis deur elkeen se unieke voorkeure en sentimentaliteite in ag te neem.

Persoonlike smaak is nou die middelpunt, waar praktiese implikasies en gemak altyd voorop gestel is. Jy kan nou die yskas kies wat die beste pas by jou voorkeure, en selfs die stoorplekopsies verander en aanpas soos jou lewe en behoeftes met tyd verander. Watter styl ookal jou kies vir jou BESPOKE 4-Door Flex, kan jy weet ’n premium voorkoms is gewaarborg te danke aan die yskas se plat deure en naatlose ontwerp.

Dit is esteties veranderlik soos ’n meubelstuk, en so funksioneel in jou kombuis soos die voedsel en produkte wat daarin gestoor word. Verhef jou spasie op jou manier. In 2022 sal Samsung enkeldeur yskaste sowel as gemonteerde yskaste by die BESPOKE-reeks voeg, wat die veranderlike moontlikhede selfs meer maak.

samsung
samsung
samsung

Daarby hoef jy nie funksie prys te gee vir vorm nie – die yskas sluit innoverende funksies soos die volgende in:

FlexZone™

Die BESPOKE-yskas bied meer aanpasbare stooropsies, soos ’n FlexZone wat jou die opsie gee om tussen 5 verskillende temperatuur verstellings te kies, soos wat jy dit nodig kry.

Verfrissingsdiens

Jy kan nou vinnige, maklike toegang geniet tot verfrissende, koue water. Die yskas se waterkan word outomaties gevul met gefiltreerde water deur die yskas se Autofill Water Pitcher-funksie wanneer jy dit in die yskas plaas. Met ’n 1,4-liter kapasiteit kan jy weet daar sal altyd genoeg koue, gefiltreerde water beskikbaar wees om voor te sit.

Digitale beskerming teen onverwagse kragskokke

Met kragonderbrekings as ’n gereelde realiteit in Suid-Afrika, loop kragtoebehore die risiko om skade te kry wanneer die krag weer aangeskakel word.

Samsung se digitale inverter sal jou BESPOKE-yskas beskerm teen kragskokke met Volt beheer, en dit kom met ’n 10 jaar waarborg. Klik hier vir nog inligting oor hoe om die Samsung BESPOKE 4-Door Flex te koop en geniet.

Klik hier vir nog inligting oor hoe om die Samsung BESPOKE 4-Door Flex te koop en geniet.

Jongste uitgawe

Mei | Junie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees