
Watookal jou behoefte is, daar is ’n oplossing wat jou lewensstyl en sak sal pas - van ’n handige waterbottel wat jy oral saam kan vat, tot die JoJo Whole-house Filter wat al die water vir jou huishoudelike of kantoorgebruik filtreer. JoJo se unieke Disruptor™ elektro-absorpsie waterfiltreringstegnologie is meer doeltreffend met die verwydering van biologies en chemiese onsuiwerhede as enige ander waterfilter op die mark.
JoJo Water Filter Bottle
Die 700ml JoJo Water Filter Bottle verwyder biologies en chemiese onsuiwerhede uit water en is ideaal vir ’n aktiewe lewenstyl. Die bottel is ergonomies ontwerp met ’n morsvrye drinkopening en beskermende dop en kom met ’n een jaar waarborg.
JoJo Countertop Filter
Die JoJo Countertop Filter is ideaal vir vakansiereise en sal verseker dat jy altyd gesonde suiwer kraanwater kan geniet, waarookal die pad jou mag lei. Die draagbare filter is maklik om aan ’n kraan te koppel en verg geen spesialisinstallasie nie. JoJo se unieke filtrasietegnologie is uiters doeltreffend met die verwydering van biologies en chemiese onsuiwerhede en filter so veel as 3000 liter water. Die filter kom met ’n drie jaar waarborg.
JoJo Undersink Filter
Die JoJo Undersink Filter koppel direk aan jou watertoevoer en kom met al die nodige installasie bybehore. Die PP Sediment filter verwyder sediment en vastestowwe, terwyl die Disruptor™ PAC-S mikroskopiese onsuiwerhede soos, bakterieë, virusse en chemikalieë en farmaseutiese elemente filtreer. Hierdie kompakte eenheid filtreer so veel as 3000 liter water en kom met ’n drie jaar waarborg.
JoJo Inline Disruptor Filter
Hierdie is die perfekte oplossing in tye wanneer jy onseker is oor die waterkwaliteit tot jou beskikking of as jy reënwater vir huishoudelike gebruik wil filtreer. Die JoJo Inline Disruptor filtreer so veel as 1500 liter water en die bykomende aanklik tuinslangtoebehore pas op meeste standaard tuinslange.
JoJo Whole-house Filter
Hierdie is ’n kompakte twee-fase filtereenheid wat direk aan jou watertoevoer koppel om te verseker dat al jou huishoudelike water filtreer word voor gebruik. Die Whole-house Filter filtreer soveel as 80 kiloliter water en bied aanpasbare filteropsies om by jou unieke behoeftes aan te pas. Die filter kom met ’n een jaar waarborg.
Kies JoJo vir nommerpas waterfiltreringsoplossings!
JoJo waterfilreringsprodukte is landswyd beskikbaar by JoJo verskaffers asook ons aanlynwinkel. Besoek www.jojo.co.za vir meer inligting.