Kry inspirasie vir jou avonture in AA Reisiger

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die winter-uitgawe van AA Reisiger is propvol reisbestemmings en insiggewende artikels. Vind meer uit oor die topkuierplekke in Johannesburg, die pelgrimsroetes in Europa en die elektriese voertuie wat vanjaar op pad is na Suid-Afrika.

Is jy lus om weg te breek? Die winteruitgawe van AA Reisiger sal jou inspireer om ’n epiese avontuur aan te pak.

Ons besoek die Ai-|Ais-Richtersveld-oorgrenspark. Dis reeds ’n avontuur om die park te bereik, maar diegene wat hier kom kuier, word beloon met ’n oorvloed van rus, vrede en stilte.

Meer lus vir ’n stadsavontuur? Jozi is dalk nie die eerste plek wat in jou kop opkom as jy aan plaaslike toeristebestemmings dink nie, maar die Goudstad is deurdrenk van geskiedenis en het ’n oorvloed toprestaurante, markte, kunsgalerye, museums en inkopiebestemmings – dit behoort op elke Suid-Afrikaner se toerlys te wees. Ons gee ’n omvattende gids tot hierdie opwindende stad.

In die Suid-Kaap het mense hul eie drank gebrou lank voordat Covid-19-regulasies mense geïnspireer het om pynappelbier by die huis te maak. Ons besoek die area om meer te wete te kom oor die interessante en kleurvolle mense wat witblits en karrie stook. Ons besoek ook Bathurst in die Oos-Kaap, ’n dorp vol karakter en karakters. Die winter is geen rede om by die huis te bly nie. Ons gee ’n lys met nege lekker winterbestemmings – een in elke provinsie.

Jy het dalk al van die Camino de Santiago gehoor, maar het jy geweet daar is meer as een manier om tot by Santiago de Compostela te kom, sowel as lekker pelgrimsroetes in Frankryk en Italië? Ons het ’n gids tot 16 roetes om jou ’n oorsig te gee. En of jy nou lus het vir ’n oornagstaptog, ’n dagstap of net ’n busrit kantoor toe, ons wys jou die lekkerste rugsakke vir elke aktiwiteit.

Winter is natuurlik soptyd. As jy verveeld is met vorige jare se staatmakers, het ons 11 resepte waarmee jy en jou gesin kan warm bly op koue aande. In ons boek-afdeling gesels ons met Sally Andrew, die skrywer van die gewilde Tannie Maria-speurverhale wat in die Klein Karoo afspeel.

AA Reisiger het ook ’n deeglike voertuigafdeling. In die winter-uitgawe toetsbestuur ons die Kia Sorento, Hyundai Staria Multicab, Cherry Tiggo 4, VW Polo en Toyota Rumion. Daar is ook ’n omvattende artikel oor die elektriese voertuie wat vanjaar hul buiging in Suid-Afrika maak, plus inligting oor of Suid-Afrika gereed is vir hierdie revolusie.

Dit alles en nog meer in die winter-uitgawe van AA Reisiger. Nou te koop!

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees