
Kry jou kaartjies vir SNF in Kaapstad!
Trek aan jou oefenklere en nooi jou vriendinne! Op 29 Oktober vier ons die begin van ’n somer propvol pret by Saturday Night Fitness – SA se grootste fiksheidspartytjie in Kaapstad.
Saturday Night Fitness gee jou die geleentheid om saam met honderde ander vroue en die beste instrukteurs by Sun Park, GrandWest Casino and Entertainment World, Kaapstad, te oefen. Wees gereed om saam die kilojoules te verbrand in ’n skare van meer as 1 000 op die maat van helder ligte, polsende musiek, verhoogvermaak en ses van die beste oefensessies wat jy in een aand kan inpas.
Die geleentheid is vir deelnemers van alle groottes, vorms en fiksheidsvlakke. Geen toerusting word gebruik nie, dus kan jy en jou beste vriendinne bloot die aand omdans, strek en die musiek geniet. Ons stel voor jy bring ’n jogamat of handdoek saam om op te sit.
Die program
Hier’s wat jy van Saturday Night Fitness kan verwag: ’n gemaklike, ontspanne opwarmingsessie; ’n HIIT-klas wat nie gou oortref gaan word nie deur die legendariese fiksheidsafrigter Queen Fitnass Mapule Ndhlovu; ’n ontspanne sonsondergang-sessie; ’n waansinnige dans-kardioklas saam met van ons gunstelingmense, Fitness Icon; en ’n SWEAT 1000-finale saam met Junglegum.
Die vennote
Saturday Night Fitness het saamgespan met Mr Price Sport, in samewerking met Powerade, en Rethink CBD, met die ondersteuning van Mitchum en On Point Health. Deelnemers sal almal ’n geskenkpak met ’n oefentop, waterbottel, springtou, hidrering van Powerade en geskenkbewyse van die borge ontvang.
Die hekke open om 13:00 en die program begin om 16:00. Kom dus vroeg genoeg vir die beste plekke en geniet die verrigtinge voor die hoofgeleentheid afskop.
Moenie dié fiksheidspartytjie misloop nie, dit beloof om ’n onvergeetlike aand te wees! Koop jou kaartjies VANDAG.