
Skryf só in
• Ons het weer ’n webblad waar jy jou projek kan inskryf: Gaan na paintit.tuis.co.za.
• Hier kan jy ’n voor- en ná-foto van jou handewerk, asook foto’s van die stappe, oplaai. Die stap-foto’s is nie noodsaaklik nie, maar dit sal jou inskrywing ’n hupstoot gee.
• Maak seker dat jy al die verpligte velde op die webblad invul – name van verfkleure en produkte wat jy gebruik het, en natuurlik jou eie besonderhede.
• Inskrywings sluit 11 Januarie 2023.
• Enigiemand kan inskryf en jy kan soveel inskrywings oplaai as wat jy wil.
Die pryse
1. Die algehele wenner kry R10000 kontant, 2 nagte se verblyf in die lieflike St. Francisbaai in die Oos-Kaap (vlugte uitgesluit) en ’n persoonlike meesterklas by Nadine Vosloo, Suid-Afrika se Tjhoko Paint-ghoeroe.
2. Die wenner se projek sal afgeneem word vir publikasie in ’n latere uitgawe van Tuis of Tuis Verf Dit.
3. Die naaswenner kry R5000 kontant.
4. Drie Tjhoko Paint-geskenkpakke ter waarde van R2000 elk is boonop op die spel vir enige inspirerende inskrywings!