
Mr Price Home bring somer tuis met vrolike blombykomstighede.
Somerblomme wat heeljaar hou is aan die orde van die dag met Mr Price Home se vrolike blombykomstighede. Nooi die vrolike sonskyn na binne met plaaslik-vervaardigde polikatoen duvetoortrekstelle vanaf R199,99 en verhelder jou huis met gedrukte kussings van net R169,99 elk – dié geblomde paartjie sal jou so lekker laat slaap, jy gaan heeldag in die bed wil bly om die somerhitte buite te hou. Gekleurde glas kershouertjies sal weer enige kamer ’n magiese gevoel gee vir someraande vol afwagting – veral met ’n prys van net R15,99 elk.
Besoek jou naaste Mr Price Home winkel of koop aanlyn by www.mrphome.com.