
Ons is sommer lus vir die winter met Mr Price Home se nuwe reeks huisware en dekor in kalmerende en klassieke neutrale kleure, winterteksture en helder spatsels kleur. Van die slaapkamer tot die badkamer en leefarea, die nuwe winterreeks is net wat jy nodig het om jou huis knus en stylvol te laat lyk.
Skuif nader, draai jouself toe en nestel dieper met ’n plaaslik vervaardigde duvetstelteen net R189,99. Sit vir ekstra warmte nog ’n laag by met een van hul snoesige komberse teen net R229,99 elk.
Moenie die badkamer vergeet nie! Gee dit ’n vars voorkoms met ’n nuwe seephouer teen R49,99 en ’n tandeborselkoppie teen R29,99. Doen jouself ’n guns en kies ’n ekstralang badhanddoekteen net R189,99 elk.
Maak plek vir warm, gelukkige herinneringe en dek ’n tafel vir gesellige tye met hierdie lieflike erdewerk-eetstel teen R25,99 per item en klassieke glase teen R39,99 elk. Gee die sitkamer helder, astrante styl met kussingsvan kunstweed teen net R99,99 elk en kussings met verskillende teksture teen R199,99 elk. Steek dan ’n kers aan (net R39,99) om atmosfeer te skep. Dis mos hoe die ideale sitkamer moet lyk!
Gee jou huis ’n nuwe voorkoms met Mr Price Home se reeks tydlose huisware en dekor – besoek een van hul winkels en kry die nuutste giere teen die beste pryse (natuurlik in die mooiste kleure en patrone) alles op een plek. Of koop aanlyn by www.mrphome.com.
Vir nog tuisinspirasie, volg hulle op Instagram @mrp_home.