’n Matras wat almal pas

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
GEBORG: Moenie dat die keuse van ’n nuwe matras jou slapelose nagte besorg nie. Sloom se aanlyn matrasse gee jou die keuse om die fermheid volgens jou en jou maat se behoeftes aan te pas. Versending is in ’n boks wat maklik hanteer, plus daar is ’n 100-nagte-terugstuurwaarborg.

Vergeet daarvan om van bedwinkel tot bedwinkel te loop en elke matras uit te probeer totdat jy een kry wat sag of hard genoeg na jou smaak is. Sloom verander die manier hoe jy ’n matras koop. Dié maatskappy, wat in 2016 gestig is, is die eerste en enigste wat ’n matras bied waarvan die fermheid aangepas kan word. 

Hul matrasse word plaaslik vervaardig en kan eksklusief aanlyn gekoop word. Boonop hoef jy nie te sukkel met vervoer nie, want die Sloom-matras word heel onkonvensioneel in ’n maklik hanteerbare boks afgelewer. Nadat jy die matras oopgerol het, keer dit terug na sy oorspronklike vorm – ’n getuienis van die uitstekende gehalte spons wat gebruik word. 

“Een van my grootste frustrasies toe ek nog matrasse in die kleinhandelbedryf verkoop het, was die groot verskeidenheid, almal met verskillende maar tegnies dieselfde eienskappe,” sê die stigter van Sloom, Rudo Kemp.

Hy het hom daarop toegespits om ’n matras te ontwerp wat die stres en tyd sal beperk wanneer daar na die perfekte nagrus gesoek word. Daarom bestaan die Sloom-matras uit vier verskillende lae van fermheid: sag, medium, ferm en ekstraferm. Dis maklik om die fermheid volgens jou voorkeur aan te pas, en boonop iets wat jy sonder moeite self tuis kan doen.

Hul koning- en koningingrootte matrasse bied voorts ’n tweeledige fermheidsopsie. “Dit beteken jy en jou maat kan elk ’n ander fermheid kies. Jou maat kan dalk die ekstraferm opsie verkies en jy die mediumferm opsie, wat die keuse van ’n matras ’n inklusiewe proses maak wat in albei se behoefte na gemak voldoen,” voeg Rudo by.

Daar is ook geen bewegingsoordrag nie, wat beteken beweging word geabsorbeer vir ’n goeie nagrus.

Nog ’n eienskap van die Sloom-matras is ongeëwenaarde deursigtigheid. Die meeste mense het nog nooit die binnekant van ’n matras gesien nie, maar danksy die toeritsoortreksel wat afgehaal en in jou masjien gewas kan word, is die binnekant van jou Sloom-matras ten volle sigbaar.

Die matras kan tot 150 kg per persoon dra en het ’n dienswaarborg van 25 jaar.

Anders as tradisionele bedwinkels waar jy ’n beperkte tyd het om te besluit watter matras die beste is vir jou, bied Sloom jou ’n proeftydperk. Indien jy tussen 60 tot 100 nagte nie volkome tevrede is met jou Sloom-matras nie, sal hulle die volle bedrag aan jou terugbetaal.

Besoek gerus sloom.co.za vir meer inligting.

Jongste uitgawe

Mei | Junie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees