Probeer dié ronde muurplakkers van mywalltattoos.com om ’n vertrek vinnig en maklik op te kikker. Dis beskikbaar in drie groottes (50 cm, 75 cm en 100 cm in deursnee) en pryse wissel van R260 tot R540. As die Tropical Flowers-ontwerp nie in jou smaak val nie, kan jy na die Toucan-, Parrot- en Flamingospatrone kyk. Te mooi!
Die aanlynwinkel succulent-trays.co.za word bestuur deur Labyrinth Nursery in North Riding, Gauteng en verkoop plantbakke met ’n kombinasie van vetplante; dis gerieflik volgens prys gelys (vanaf R295 vir ’n bak met 128 vetplantjies). Sien die verskillende kombinasies en groottes op hul webblad.
VLNR: Ons is absoluut mal oor die sewe pastelkleure in Italtile se nuwe reeks, Chalk. Jy kan maklik dié keramiek-muurteëls van 75 x 300 mm meng en pas. Dit kos vanaf R399/m2. Sien italtile.co.za vir nog.