
Wie raak nie maklik verlief op ’n pragtige tafeldoek nie? As die ontwerp ’n sterk aandagtrekker is, kort jy nog net eenvoudige breekgoed, heerlike kos – en goeie geselskap!
Tuis se nuwe eksklusiewe tafeldoekreeks bied drie ontwerpe waaruit jy kan kies.
Wat van die beeldskone blou syselbos-ontwerp of ’n aardse agtergrond met kleurryke blomme daarop gerangskik? En as fynbos jou roer, is die lieflike protea-ontwerp spesiaal vir jou.
Die tafeldoeke is groot genoeg om ’n agtsitplektafel (140 cm x 3 m) te bedek sodat dit stylvol oor die kante drapeer. Die kleurvaste tafeldoeke is gemaak van poliëster wat nes linne lyk.
Dis maklik om te was en hoef nie gestryk te word nie. Bestel nou, vir jouself of as geskenk, en laat dit by jou huis aflewer. Die eerste 50 lesers ontvang ’n GRATIS Tuis-notaboek en ’n Tuis Kortpadkos-resepteboek.
Jy betaal net R1 450 (aflewering ingesluit)
* Totale waarde R1 795
Kies en bestel jou tafeldoek by xleventsgiftboxes.com.