Verf en wen met Tjhoko Champs 2022!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Skryf in - en wys ons wat jy met 'n kwas kan doen...

Foto’s Anneli Young Photography, Chrystal de Witt

promosie kompetisie

Fokusmure, meubels of geskenke vir vriende en familie... In Tuis|Home se jaarlikse Tjhoko Champs-kompetisie in vennootskap met Tjhoko Paint kan jy weer spog met jou handewerk. En die beste van als? Vanjaar se deelnemers kom almal in aanmerking om medewerkers te wees aan ons jaarlikse verfgids, Tuis Verf Dit, waarin van die inskrywings te sien sal wees. Koel, nè?

En wat kan dan nou ook beter wees as om Tjhoko Paint se groot reeks produkte – en kleure – te gebruik wanneer jy jou droomprojek aanpak? Komaan, raak kreatief!

tjhoko champs

Skryf só in

• Ons het weer ’n webblad waar jy jou projek kan inskryf: Gaan na paintit.tuis.co.za

• Hier kan jy ’n voor- en ná-foto van jou handewerk, asook foto’s van die stappe, oplaai. Die stap-foto’s is nie noodsaaklik nie, maar dit sal jou inskrywing ’n hupstoot gee. 

• Maak seker dat jy al die verpligte velde op die webblad invul – name van verfkleure en produkte wat jy gebruik het, en natuurlik jou eie besonderhede.

• Inskrywings open op Vrydag 26 Augustus en sluit 11 Januarie 2023.

• Enigiemand kan inskryf en jy kan soveel inskrywings oplaai as wat jy wil.

Volg dié stappe:

1. Maak iets mooi met Tjhoko Paint. Dit kan ’n bestaande projek of ’n nuwe een wees, maar nie een wat jy tevore ingeskryf het nie. Maak seker jy neem ’n voor-foto!

2. Neem ’n foto van jou voltooide projek (sien ons wenke in die kassie hierbo) en laai dit saam met die voor-foto op by paintit.tuis.co.za. 

3. As jy die stappe afgeneem het, laai dit ook op. Die stappe sal nie sigbaar wees vir die publiek nie, net die beoordelaars sal dit sien. 

4. Klik op “submit” en siedaar: Nou kan jy die glorie geniet van al die ander krytverf-entoesiaste wat jou verfwerk gaan sien.

Die pryse

1. Die algehele wenner kry R10000 kontant, 2 nagte se verblyf in die lieflike St. Francisbaai in die Oos-Kaap (vlugte uitgesluit) en ’n persoonlike meesterklas by Nadine Vosloo, Suid-Afrika se Tjhoko Paint-ghoeroe. 

2. Die wenner se projek sal afgeneem word vir publikasie in ’n latere uitgawe van Tuis of Tuis Verf Dit.

3. Die naaswenner kry R5000 kontant.

4. Drie Tjhoko Paint-geskenkpakke ter waarde van R2000 elk is boonop op die spel vir enige inspirerende inskrywings!

Soek jy inspirasie? Hou dan Tuis en Tjhoko Paint se Facebook-blaaie dop vir ’n reeks stap-vir-stap-video’s.







Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees