WIE Paula Dubois
WAAR Kaapstad
BESIGHEID Paula Dubois Art & Design HAAR WERK Om in aanraking te bly met die natuur – en veral die band tussen die mens en die natuur te vier – is ’n sleutelgedagte in Paula se kuns. Sy soek die skoonheid in die alledaagse en put inspirasie deur elke dag teen Tafelberg te gaan stap en in die see te swem. Paula, wat die agterblad in elke Tuis illustreer, se jongste werk is te sien by “Reflect”, ’n uitstalling wat 1 Julie by Haas Collective (haaskoop.com) in Kaapstad open. Haar kuns is ook beskikbaar in die vorm van gedrukte plakpapier as deel van die Wallpaper Artist-versameling by Orms. Besigtig haar werk by ormsprintroom.co.za/product/wallpaper-collection; plakpapier-pryse begin by R495/m². Rig navrae aan decor@orms.co.za. Volg Paula op Facebook @pauladuboisart en Instagram @pauladubois, of stuur e-pos na paulatdubois@gmail.com.