book-icon Uitgawe Oktober | November 2021

Wat's nuut in die dekor-wêreld

akkreditasie

1. The Flower Cartel – verskaffers van snyblomsaad, -bolle en -knolle – bied Anri Olivier se blomsketse, wat op hul saad-pakkies verskyn, nou ook te koop aan by theflowercartel.co.za as botaniese afdrukke op goeie kunspapier (R180 vir A4 en R220 vir A3, ongeraam). Daar’s meer as 40 sketse om van van te kies.

2. Hou die kleinste vertrek in jou huis vars en kiemvry met plantgebaseerde Fynemist-toiletsproei (R199 vir 200 ml) en hand-ontsmetmiddels (R149 vir 200 ml). Die 100% suiwer, chemikalie-vrye produkte word met sorg gemaak op Stellenbosch en is subtiel gegeur met essensiële olies. Dit ontsmet nie net nie, maar bestry ook reuke en verfris die lug. Besoek fynemists.co.za.

3. Die nuwe Sienna-kopstuk van Coricraft (vanaf R4499 vir koningingrootte) is sag en dik gestop met ’n geskulpte rand, en word met trots gemaak deur hul eie span vakmanne by hul fabriek in Kaapstad. Dis te kry in dubbel-, koningin- en koningsgrootte, en in enige Coricraft-materiaal buiten leer. Besoek coricraft.co.za.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees