Weet jy van hierdie aangrypende verhaal?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: verskaf.
Foto: verskaf.
Verdeelde Liefde is een van die dramas wat op eExtra se Kuiertyd te sien is, en dit sal die hartsnare roer. Vind meer uit oor Zeynep, en of ’n mens ooit werklik jou verlede kan ontvlug.

Zeynep kom uit ’n arm familie met min geleenthede. Haar pa is ’n alkoholis, haar ma verswak en haar boetie het afgesterf weens ’n gebrek aan mediese sorg. Haar geluk draai egter toe die familie wat haar ma in diens neem as ’n skoonmaker, aanbied om Zeynep aan te neem. Haar ouers stem in met die hoop dat sy ’n beter toekoms sal hê – een waar sy sal leer, versorg word en liefde ontvang, omring deur weelde en mooi dinge. Maar die lewe is mos nooit eenvoudig nie.

Hoewel Zeynep grootword as ’n slim, opgevoede, beeldskone vrou en verloof raak aan ’n droomman in die gemeenskap, voel sy nooit dat sy werklik in dié weelderige wêreld hoort nie. Haar feëverhaal kom tot ’n skokkende einde toe haar biologiese ma onverwags opdaag met die doel om haar terug te neem na waar sy vandaan kom. Verdeelde Liefde is vol drama, liefde en geheime wat wag om verklap te word. Weeksaande op eExtra.

Kuiertyd op eExtra se program is volgepak met Turkse telenovelas wat oorgeklank is in Afrikaans.  

Hier gaan jy passie, romanse, drama en spanning alles op een plek vind! Kuiertyd is beskikbaar op Openview eExtra elke weeksaand tussen 18:30 en 22:30. Kyk na gunstelinge soos Elif, Dr Ali, Kruispad, Die Put, #DisComplicated, en vele meer.  

 

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees