Kom ons gaan see toe

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Duik die somer in met Mr Price se seevakansie-geïnspireerde huisware.

Dis tyd vir stranddae uit en swembaddae in, en luilekker dae wat oorloop in vrolike nagte. Die vakansie is om die draai, waarom nie die tyd gebruik om jou huis in ’n tuisblyvakansie-droomhuis te omskep nie?

Mr Price Home se reeks strandhuis-geïnspireerde huisware sal jou woning vul met geluk, speelsheid en vakansiepret – dis net wat jy nodig het om voor te berei vir die vakansie – en wat is nou lekkerder as ’n goeie sessie huisware-inkopies?

Opstaantyd

Word wakker in die strandhuis van jou drome met ’n kleurpalet van pragtige bloue en kalmerende skakerings daarvan. Plaaslik gemaakte duvetoortreksels verkoop vanaf R179,99, met natuurlikgestileerde, geweefde kamerbykomstighede om jou ’n strandhuis-gevoel te gee.

Koop die plaaslik gemaakte duvetoortreksels van gedrukte polikatoen hier.

Skuif stoep toe

’n Verskeidenheid plaaslik gemaakte, gedrukte kussings vanaf R159,99 elk sal die tema verder vat, met matte met mooi teksture, buitemeubels, potplantpotte en blomvase om die see-tema ook na die sitkamer en stoep toe uit te brei. Bypassende stoelkussings vanaf R129,99 elk sal seker maak jou stoepstel lyk ook eksieperfeksie vir stoepsit-dae.

Koop die plaaslik vervaardigde gedrukte kussings.

Koop buitemeubels.

Koop stoelkussings.

Someretes

Met buitelewe-geïnspireerde borde, kantbordjies en bakkies vanaf R25,99 gaan jy vir elke gas vreugde en lekkerte bedien dié feesseisoen. En jou kombuis kan ook pas met pragtige blou vadoeke vanaf R89,99.

Koop borde, kantbordjies en bakkies.

Koop vadoeke.

Dis ’n seevakansie in die gemak van jou eie huis met Mr Price Home. Besoek een van hul winkels om die nuutste huismodes teen die goedkoopste pryse alles in een plek te kry, of besoek hulle aanlyn by www.mrphome.com.

En daar is nog tuis-inspirasie by @mrp_home op Instagram.

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees