1. Goeie nuus! Annie Sloan bring ’n beperkte versameling Satin Paints met ’n waterbasis uit, wat topgehalte-pigmente met toonaangewende kundigheid en ’n wêreld van kunsgeskiedenis in elke blik kombineer. Die palet van 14 skakerings is ontwerp vir gebruik saam met die bestaande Annie Sloan Chalk Paint-reeks met die oog op ’n algehele Annie Sloan-voorkoms. Kry dit by uitgesoekte verskaffers, en vanaf Maart 2023 ook aanlyn.
“Satin Paint is ontwerp om hout en metale binnenshuis te bedek en te beskerm, en is die perfekte keuse vir ruimtes wat die hardste werk in bedrywige, gesellige huise – van kombuiskaste en trappe tot handrelings, vloer- en kosynlyste, deure en vensterbanke,” verduidelik Annie.