Deel

Bou jou eie prieel

akkreditasie
As die weer reg is, kuier onder ’n prieel wat jy self gebou het!


010917 WEB_ Woodock Eng 13

Die struktuur is van behandelde dennehout. Dis veel goedkoper as hout soos meranti, maar tog bestand teen die weer.

Vir Piet Steyn van Zevendal-landgoed in Kuilsrivier buite Kaapstad, wat self dié prieel gebou het, is CCA-behandelde hout voldoende. CCA verwys na die koper, chroom en arseen in die mengsel waarmee die hout deurdrenk word; dit gee die behandelde hout ’n liggroen kleur. Afhangend van waar en waarvoor die hout gebruik gaan word, word die sterkte van die CCA-mengsel aangepas en met graderings van H2 (binnegebruik soos dakkappe) tot H5 (buitegebruik, in kontak met water) aangedui. Enigiets hoër as H3 is goed vir buitestrukture.

Volg dié wenke as jy self ’n prieel bou:

1 Elk van die dwarsbalke heel bo rus in ’n voeg wat Piet en ’n nutsman van PG Handyman uit die dra-balk daaronder gesaag het.

2 Bloekomlatte vorm die plafon van die prieel. Dit is nie waterdig nie, maar die tuinmeubels is waterbestand en kan wind en weer deurstaan. “Ons was meer gesteld op skaduwee as beskerming teen reën,” sê Piet. “Die hoek waarteen die son val, gee gelukkig uitstekende skaduwee.”

3 Die drabalke rus in ’n inham wat geskep is deur die middelste plank van elke pilaar korter te saag; so skep jy ’n voeg in ’n kits. 4 Die ses pilare van die prieel bestaan elkeen uit drie 10 cm breë planke van behandelde dennehout wat aanmekaargebout is. 5 Die pilare rus op U-stutte wat met beton in die grond bevestig is sodat die hout nie in die grond geplant word nie – dit help verwering keer. Vir bykomende beskerming kan jy die hout minstens een keer per jaar behandel met ’n produk soos Woodoc 35 vir ’n laeglans-afwerking of Woodoc 55 vir ’n hoëglans-afwerking. Dié produkte is in ’n verskeidenheid kleure beskikbaar – kies ’n kleur waarvan jy hou.

Jongste uitgawe

April 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees