Maak ’n stylvolle voëlvoerder vir jou tuin

Vennootskapsveldtog Vennootskapsveldtog
Gee ’n ou glasbottel nuwe nut en rond jou projek af met Woodoc Colours.

Wat jy nodig het:

  • dennehoutplank (12 x 144 mm x 1,8 m)
  • deurslagpapier
  • pen
  • liniaal
  • maskeerband
  • G-klampe
  • figuursaag
  • kouelym
  • skuurpapier
  • twee 3 mm x 20 mm-spaanderbordskroewe
  • een 3 mm x 15 mm-spaanderbordskroewe
  • Woodoc Water-Borne DECK Matt Clear of Woodoc Water-Borne MARINE
  • Woodoc Colours in Full Moon en Opal
  • 2 houers om in te meng, en mengstokkies
  • verfkwaste
  • wurmklamp (44/77 mm)
  • glasbottel
  • voëlkos
  • platkopskroewedraaier
  • boor met 1 mm- en 6 mm-houtboorpunt

So maak jy ...

1 Laai die patroon hier af (patroon) en druk dit uit.

2 Plaas die patroon op die plank en trek dit met behulp van die deurslagpapier daarop af (gebruik ’n pen en ’n liniaal).

3 Klamp die hout aan jou werkblad vas en saag die vorms met ’n figuursaag uit.

4 Lym die raamdele aan die rugkant en die basis vas met kouelym; klamp vas totdat dit goed geheg het.

5 Skuur die rande glad.

6 Heg die voerder se basis teen ’n 90°-hoek aan die rugkant; boor gidsgate en skroef vas.

7 Giet sowat 75 ml Woodoc Water-Borne DECK Matt Clear in elke menghouer. Voeg ’n bietjie van die onderskeie Woodoc Colours by elkeen en meng goed.

8 Verf die binne-vlakke met die wit mengsel en die rande met die opaal mengsel. Laat dit droog word en wend dan nog ’n laag aan.

9 Seël die hele voerder met 3 lae Woodoc Water-Borne DECK Matt Clear; laat elke laag droog word voor jy die volgende laag aanwend.

10 Meet en merk die middelpunt van die voerder se rugkant. Boor ’n gidsgat en skroef die wurmklamp daar vas. Plaas die bottel in die klamp – maak seker daar is sowat 1–2 cm tussen die bottel se opening en die voerder se basis sodat die saad daar kan uitloop. Maak die klamp toe en draai dit styf vas met ’n platkopskroewedraaier.

11 Boor ’n gat in die boonste punt van die rugkant sodat jy dit kan ophang.

 

 

Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees