Wat jy nodig het:
- ’n houtvloer
- vloerskuurders en skuurpapier van verskillende grinte, van grof tot fyn – ons het kennershulp vir dié deel ingeroep
- Woodoc Water-Borne FLOOR Matt White
- breë kwas van goeie gehalte
- 150-grint skuurpapier
Só maak jy
1 Ons het kenners ingekry om die vloer te skuur voor ons die verseëlaar aangewend het. Hulle het begin met growwe skuurpapier, toe medium-growwe skuurpapier, en daarna fyn skuurpapier.
2 Maak seker die vloer is skoon en stofvry voor jy die verseëlaar aanwend.
3 Wend die Woodoc Water-Borne FLOOR Matt White met ’n breë kwas aan die rou houtplanke. Wend saam met die grein aan. Doen 3–4 planke op ’n slag.
4 Laat dit heeltemal droog word. Droogtyd sal afhang van weerstoestande.
5 Skuur die verseëlaar liggies met die 150-grint skuurpapier. Verwyder alle stof.
6 Wend ’n tweede laag aan soos jy die eerste een aangewend het. Laat dit droog word en skuur weer liggies. Verwyder alle stof.
7 Wend ’n derde, laaste laag aan. Moenie ná dié laag skuur nie.