
Foto’s Ed O’Riley
Wat jy nodig het
- 3 houtpote
- Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt
- Woodoc Colours in die kleur Oak
- menghouer
- plat roerspaan
- verfkwas
- ronde plastiekskottel
- skroewedraaier
- skroewe
- 2 houtskywe so groot soos die basis en bokant van die skottel
- gompistool en gomstokkies
- tou
Stap 1
Gooi sowat 100 ml Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt in die menghouer. Voeg die Woodoc Colours by en roer goed.
Stap 2
Wend 3 lae van die getinte Woodoc Water-Borne FLOOR Matt op die houtpote aan. Laat elke laag goed droog word. Skuur liggies nadat die eerste en tweede laag drooggeword het, maar nie ná die derde laag nie.
Stap 3
Plaas die kleiner houtskyf binne-in die skottel. Posisioneer die pote eweredig uitmekaar onder die skottel en skroef hulle deur die bodem aan die houtskyf vas.
Stap 4
Gebruik die gomgeweer en plak die groter houtskyf bo-op die skottel vas.
Stap 5
Heg dan die tou met warm gom: Begin reg in die middel van die houtskyf bo en werk in ’n spiraal al in die rondte tot by die skottel se onderkant.