
Wat jy nodig het
* balsahout
* patroon (of teken jou eie vorms)
* deurslagpapier
* pen
* handwerkmes
* staalliniaal
* figuursaag
* skuurpapier
* Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt
* Woodoc Colours Full Moon, asook Brights Red en Blue
* 3 menghouers
* plat roerspane
*verfkwaste
* tappen (± 25 cm lank)
* kunsdraad
* lint
1. Trek die vorms met behulp van die deurslagpapier op die balsahout af.
2. Gebruik die handwerkmes en staalliniaal en sny die hout rondom die afgetrekte vorms in kleiner, meer hanteerbare groottes.
3. Saag en sny die vorms uit met die figuursaag en handwerkmes. Die handwerkmes werk goed op reguit rande, terwyl die figuursaag beter is vir rondings.
4. Skuur die rande glad.
5. Giet sowat 75 ml van die Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt in elke menghouer. Voeg die Woodoc Colours onderskeidelik by die drie houers en roer goed.
6. Verseël nou die vorms en die tappen met 3 lae in die onderskeie kleure. Laat die verseëlaar droog word ná elke laag en skuur liggies nadat die eerste en tweede laag droog geword het.
7. Posisioneer die vorms in ’n patroon waarvan jy hou en heg dit met die kunsdraad – die balsahout is sag genoeg dat jy maklik ’n gaatjie met die draad daarin kan maak.
8. Bind die lint aan die tappen se ente en hang jou versiering op!