
Foto’s Ed O’Riley
Wat jy nodig het
- groot houtkrale
- Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt
- Woodoc Colours in die kleure Full Moon, Inky Blue, Clifton Grey en Brights (Purple)
- 3 menghouers
- plat roerspane
- draad
- warm gom
1. Giet sowat 75 ml van die Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt in elk van die drie menghouers. Voeg Woodoc Colours Full Moon by elkeen en voeg dan die Purple, Inky Blue en Clifton Grey onderskeidelik by elke houer. Roer goed.
2. Knip die draad in lengtes van sowat 8 cm. Ryg die draad deur die krale (die getal krale wat jy nodig het hang af van hoe groot jou potstander moet wees) en buig die ente om 'n S-haak te vorm. Doop die krale halfpad in die kleure wat jy in stap 1 gemeng het en hang hulle op om droog te word.
3. Wanneer al die krale droog is, kan jy hulle aan ’n stuk draad ryg (die lengte van die draad sal afhang van hoeveel krale jy gebruik het).
4. Gebruik die warm gom om die krale in die spiraalvorm te heg.
5. Verseël die staander met nog twee lae Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt. Laat die eerste laag droog word en wend dan die tweede laag verseëlaar aan.