
Foto’s ER Lombard
Wat jy nodig het
* dennehoutplank (ongeveer 450 x 450 x 16 mm)
* maatband
* potlood
* hamer
* paneelspyker
* 1 m katoentou
* figuursaag met houtlem
* skuurpapier (80- en 100-grint)
* stensil van jou keuse
* lasergesnyde syfers (van 1 tot 25) en houtversierings (opsioneel)
* 3 verfkwaste
* 3 roerspane
* 3 menghouers
* 1 liter Woodoc Water-Borne FLOOR Matt Clear
* 20 ml Woodoc Colours in die kleur Full Moon
* 20 ml Woodoc Colours in die kleur Clifton Grey
* 20 ml Woodoc Colours in die kleur Oak
* koordlose boor
* 8 mm-hoëspoed-boorpunt
* horlosiemeganisme
* houtlym
1. Bepaal die radius van jou sirkel en maak seker daar is genoeg plek vir die lengte van die horlosiewyser en die syfers rondom.
2. Merk die middelpunt op die vierkantige plank; kap die paneelspyker daar vas. Maak ’n lus op elke punt van die tou (die lengte moet gelyk aan die radius wees) en glip een lus oor die paneelspyker en sit die potlood in die ander. Trek die tou styf en trek ’n sirkel met die potlood.
3. Saag die ronde houtskyf met die figuursaag uit.
4. Skuur die rande glad.
5. Giet ’n halfkoppie (sowat 120 ml) Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt in ’n menghouer en voeg ’n paar druppels Woodoc Colours Oak by. Roer goed. Wend die mengsel oor die houtskyf aan.
6. Giet ’n halfkoppie (sowat (120 ml) Woodoc Water-Borne FLOOR Matt Clear in elk van die twee oorblywende menghouers. Skud die Woodoc Colours goed en voeg dan ’n paar druppels Full Moon en Clifton Grey onderskeidelik by die verseëlaar in elke houer; roer goed.
7. Plaas die stensil in die middel van die sirkel en verf dit met Woodoc Colours Full Moon.
8. Verf ook die syfers met Woodoc Colours Full Moon. Vir afwisseling kan jy die versiersels (soos die sterre hier) met Woodoc Colours Full Moon en Woodoc Colours Clifton Grey verf.
9. Boor ’n gat vir die horlosiemeganisme in die middel en heg dit met houtlym aan die agterkant van die houtskyf.
10. Plak die syfers en sterre aan die voorkant van die houtskyf vas.
11. Skuif die horlosie se lang wyser elke dag na die volgende syfer en tel die dae só af (jy het nie ’n battery nodig nie)