
Promosie
Foto's ER Lombard
Wat jy nodig het
- houtkissies
- Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt
- Woodoc Colours in die kleure Opal en Full Moon, asook Woodoc Colours Brights in die kleure Pink, Green en Yellow
- 4 menghouers
- plat roerspane
- verfkwaste
- skuurpapier
Stap 1
Skink sowat 100 ml Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt in elke menghouer. Voeg die Woodoc Colours Opal, Pink, Green en Yellow by die onderskeie houers. Voeg dan ’n bietjie Woodoc Colours in die kleur Full Moon by elkeen ten einde roomyskleure te verkry. Roer goed.
Stap 2
Verf die kissies met drie lae van die kleure wat jy in stap 1 gemeng het. Laat die verseëlaar droog word tussen lae en skuur liggies sodra die eerste twee lae droog is. Moenie weer skuur ná die derde laag nie.
Stap 3
Posisioneer die kissies langs en/of op mekaar as rakke vir speelgoed; of plaas dit op ’n lessenaar vir skryfbehoeftes.
WENK Dis ’n goeie idee om die kissies aan mekaar vas te skroef; jy kan die eenheid ook teen ’n muur vassit.