VIDEO: Só maak jy stylvolle hangende vase

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Nooi die lente binne met blomme en Woodoc!

Wat jy nodig het

  • 3 planklengtes (elk 14 cm x 36 cm)
  • Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt * Woodoc Colours: Ebony, Oak en Full Moon
  • 3 menghouers
  • plat roerspane
  • verfkwaste
  • stensil van jou keuse
  • stensilspons
  • maskeerband
  • 3 groot skroefhake
  • 3 lengtes lint (elk ± 48 cm lank)
  • 12 stoffeerspykers
  • hamer
  • 3 groot bottels met handvatsels (indien jy gewone bottels gebruik, bind ’n lint om die nekke en hang dit daarmee aan die skroefhake)

Stap 1. Skink sowat 75 ml Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt in elke menghouer. Voeg van die Woodoc Colours by die onderskeie menghouers en roer goed.

Stap 2.  Hou die Full Moon-mengsel eenkant terwyl jy een plank met die Ebony-mengsel, een met die Oak-mengsel en die derde een met die kleurlose verseëlaar. Wend 3 lae aan en laat elke laag heeltemal droog word voordat jy die volgende laag aanwend. Skuur liggies nadat die eerste twee lae droog geword het, maar nie ná die derde laag nie.

Stap 3.  Plak jou stensil in die regte posisie met maskeerband op die eerste plank vas. Gebruik nou die Full Moon-mengsel en die stensilspons om die patroon op die plank oor te dra. Herhaal met die ander twee planke. Ons patroon het effens gevloei, wat ’n besonderse batik-effek geskep het.

Stap 4.  Skroef die hake op hul plekke op die planke vas.

Stap 5.  Kap die linte aan die planksye vas met die stoffeerspykers.

Stap 6. Hang die glasbottels aan die skroefhake, vul elkeen met water, sit jou blomme in en hang dit teen ’n muur of – soos ons – aan ’n kapstok. Oulik, nè!

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees