Maak jou eie huisnommer

Vennootskapsveldtog Vennootskapsveldtog
ER Lombard
Moeg van jou vervelige ou huisnommer? Gee dit ’n vars voorkoms met ’n stensil, Woodoc Colours en ’n vetplant of twee!

Wat jy nodig het

  • laaghout (600 x 280 x 8 mm)
  • houtkissie 
  • stensils van jou keuse
  • Woodoc Water-Borne MARINE Clear Matt
  • Woodoc Colours in die kleur Full Moon
  • menghouer en mengstokkie
  • nie-permanente aanspuitgom
  • sponsroller en verfbak
  • verfkwas 
  • skuurpapier
  • boor en 5 mm-houtboorpunt
  • skroewedraaier 
  • ses 25 mm-spaanderbordskroewe
  • nommerplakker
  • vetplante en potgrond

1. Skink sowat 100 ml Woodoc Water-Borne MARINE Clear Matt in die menghouer en voeg ’n teelepel Woodoc Colours in die kleur Full Moon by. Roer goed.

2. Spuit kleefmiddel aan die stensil en posisioneer dit aan die voorkant van die kissie.

3. Keer die mengsel wat jy in stap 1 gemaak het uit in die verfbak en rol die verseëlaar oor die stensil.

Wenk: Om te keer dat die verseëlaar onder die stensil inloop, moet jou sponsroller taamlik droog wees; rol eers enige oortollige verseëlaar af op ’n stuk karton voor jy dit oor die stensil aanwend.

4. Herhaal stap 3 op die laaghout. 

5. Boor dreineringsgate in die bodem van die houtkissie.

6. Verseël die kissie en laaghout oraloor met drie lae Woodoc Water-Borne MARINE Clear Matt. Laat die verseëlaar heeltemal droog word tussen lae en skuur liggies ná die eerste twee lae droog is voor jy die volgende laag aanwend. Moenie ná die derde laag skuur nie.

7. Skroef die kissie aan die laaghout vas.

8. Vul die kissie met potgrond en plant jou vetplante.

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees