
Wat jy
nodig het
* houtpalet
* 7 staal-hoekverbinders (50 x 40 mm)
* 2 plat staalverbinders (100 x 35 mm)
* 40-pak 5 mm x 16 mm-spaanderbordskroewe
* staalliniaal of reihout
* potlood
* figuursaag
* Woodoc Water-Borne DECK Clear Matt
* Woodoc Colours in Inky Blue
* menghouer
* roerspaan
* verfkwas
* skuurpapier
Só maak jy
1 Trek ’n reguit lyn langs die palet se middelste stutbalk oor al die dwarsplanke aan albei kante.
2 Saag die hout op die lyne wat jy in stap 1 getrek het.
3 Plaas die afgesaagde deel teen ’n 90°-hoek bo-op die ander deel.
4 Heg die twee dele met die verbinders en skroewe aan mekaar.
5 Giet sowat 400 ml van die Woodoc Water-Borne DECK Clear Matt in jou menghouer. Voeg die Woodoc Colours in Inky Blue by en roer tot goed gemeng. Roer ook tydens aanwending.
6 Verf die paletrak oraloor met drie lae van die mengsel wat jy in stap 5 gemaak het; laat elke laag droog word voordat jy die volgende een aanwend. Skuur liggies sodra die eerste en tweede laag droog is, maar nie ná die laaste laag nie.