Maak ’n staander vir jou rekenaarskerm

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Skep orde op jou lessenaar en verfris jou tuiskantoor met Woodoc.

Foto’s Ed O’Riley

WAT JY NODIG HET 

  • 1 200 x 600 x 12 mm-laaghout 
  • 1 200 x 38 x 38 mm-dennehoutstrook
  • maatband
  • staalliniaal of tekendriehoek 
  • potlood 
  • G-klampe 
  • figuursaag 
  • Woodoc Water-Borne FLOOR Matt Clear 
  • Woodoc Colours in Summer Storm
  • houer en spatel vir meng 
  • verfkwaste 
  • skuurpapier 
  • houtlym 
  • skuurmasjien

1. Meet en merk twee panele van 200 x 600 mm op die laaghout uit.

2. Klamp die hout aan jou werktafel vas en saag die twee panele uit. Wenk Gebruik ’n klein figuursaaglem wanneer jy laaghout saag – dit keer dat die rande splyt.

3. Meet, merk en saag ses 200 mm-lengtes uit die dennehoutstrook.

4. Skink sowat 100 ml Woodoc Water-Borne FLOOR Matt Clear in die menghouer. Voeg van die Woodoc Colours by en roer goed.

5. Wend drie lae van die mengsel op een kant van die laaghout aan, asook aan een sy van vier van die dennehoutstroke. Wend aan op twee teenoorgestelde sye van die laaste twee dennehoutstroke. Laat elke laag verseëlaar heeltemal droog word voor jy die volgende laag aanwend en skuur liggies tussen lae, maar moenie ná die laaste laag skuur nie.

6. Meet en maak ’n merk 330 mm van een kort sy af op die laaghout – dit is die posisie vir die middelste stut. Maak seker jou toetsbord pas in die ruimte; skuif die middelste stut na een kant indien meer ruimte nodig is.

7. Lym die houtstroke op hul plek vas: twee op elke kort sy en twee by die merk wat jy in stap 6 gemaak het. Maak seker die verseëlde sye wys binnetoe. Klamp vas totdat die lym droog is.

8. Haal die G-klampe af en skuur die buitekant van die staander glad met ’n skuurmasjien.

9. Wend drie lae Woodoc Water-Borne FLOOR Matt Clear op die buitekant van jou staander aan. Laat elke laag heeltemal droog word voor jy die volgende laag aanwend en skuur liggies tussen lae; moenie ná die laaste laag skuur nie.

Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees