Maak self die oulikste hangligte

Vennootskapsveldtog Vennootskapsveldtog
Kies jou gunsteling-kombinasie Woodoc Colours en skep kleurvolle, speelse ligte.

Foto’s Ed O'Riley

Wat jy nodig het

  • dennehoutlatte (20 x 20 mm en 32 x 32 mm)
  • liniaal
  • tekendriehoek
  • potlood
  • figuursaag
  • 100-grint-skuurpapier
  • boor en 8 mm-houtboorpunt
  • bankskroef
  • houers om die kleure in te meng
  • mengstokkies
  • Woodoc Water-Borne FLOOR Matt Clear
  • Woodoc Colours (ons het Woodoc Colours Opal & Full Moon en Woodoc Colours Brights Pink, Red & Yellow gebruik)
  • draad en draadtang
  • hangligtoebehore

1 Meet en maak merke 2 cm uitmekaar op die 20 x 20 mm-lat; maak ook merke 3 cm uitmekaar op die 32 x 32 mm-lat. Ons het 20 blokkies op die kleiner lat en 15 op die groter lat gemerk; merk en maak soveel blokkies as wat jy verkies.

2 Saag nou die blokkies uit op die merke wat jy in stap 1 gemaak het.

3 Skuur al die blokkies se rande glad.

4 Knyp die blokkies in die bankskroef vas en boor ’n gat deur elkeen.

5 Giet sowat 100 ml van die Woodoc Water-Borne FLOOR Matt Clear in elke menghouer. Voeg die onderskeie Woodoc Colours by en meng goed.

6 Knip stukke draad van sowat 7–10 cm lank en ryg die draad deur die blokkies. Doop nou die blokkies in die onderskeie kleurmengsels en hang dit op om droog te word.

7 Ryg die elektriese kabels vir jou ligte deur die blokkies.

Wenk Vra dat ’n elektrisiën jou help om jou hanglig aan die elektrisiteit te verbind.

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees