’n Knus bed vir jou hond

PARTNER CONTENT PARTNER CONTENT
Maak ’n lêplek vir jou beste maat en rond dit vrolik af met Woodoc Colours.

Video: Christiaan Kritzinger

Dit het jy nodig:

  • Woodoc Water-Borne MARINE Clear Matt
  • Woodoc Colours Full Moon and Brights: Green
  • Groot houtkrat
  • Figuursaag
  • Maatband
  • Winkelhaak
  • Potlood
  • 2 mengflessies
  • 2 mengstokkies
  • Verfkwaste
  • Skuurpapier
  • Groot kussing

Só maak jy ...

1. Meet en merk 16cm van die kant van die krat op die een lang sy. Doen dieselfde aan die ander kant. Trek met die winkelhaak ’n streep oor die boonste twee planke ondertoe.  

2. Gebruik een van die flessies om halfmane vir die ronde hoeke bo en onder te teken.

3. Saag met die figuursaag al op jou strepe langs. Skuur die kante glad. Nou het jy ’n opening vir jou hondebed.

4. Giet die Woodoc Water-Borne MARINE Clear Matt in die flessies. Voeg by die een flessie Woodoc Colours Full Moon en by die ander Woodoc Colours Brights Green. Meng goed met jou stokkies.

5. Wend drie lae aan. Laat dit droog word tussen elke laag en skuur dit liggies na die eerste en tweede lae. Moenie ná die laaste laag skuur nie. Jy kan kies watter kleure jy waar wil verf.

6. Sit ’n kussing in die boks en daar is Wagter se lekker lêplek!

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees