’n Nekband van blomme

akkreditasie
Bederf jou troeteldier met iets spesiaals op Tuindag (Sondag 17 Oktober).

’n Blomband is maklik om te maak, mooi om na te kyk en sal pragtig by jou eie blomkroon pas. Boonop gaan jou vierpootmaats nie uitgesluit voel van jou Tuindagvierings nie.

WAT JY NODIG HET

• maatband

• skêr

• tou

• gomgeweer

• bloemistekleefband

• vars blomme (kies blomme wat nie giftig vir diere is nie)

• mooi lint

SÓ MAAK JY...

1. Meet jou dieremaat se nek of halsband. Maak seker jy kan maklik twee vingers tussen die maatband en die nek inglip. Voeg dan ’n paar sentimeter by sodat jy die ente mooi kan vasbind.

2. Knip vyf stukke tou so lank soos die lengte wat jy in stap 1 gemeet het.

3. Lê die stukke tou langs mekaar neer en plak dit dan met die gomgeweer aan mekaar vas om een dik band te vorm. (Indien verkies, kan jy ook jou hond se bestaande halsband versier deur blomme daarop te plak.)

4. Sny die stele van die vars blomme korter tot net sowat 2,5-5cm lank. Hou ’n paar blomstele op ’n slag by mekaar en draai dit in bondeltjies vas met bloemistekleefband.

5. Heg die blomme dan aan die nekband: Plaas die bondeltjies een na die ander teen die nekband en draai die kleefband rondom die blomme én die nekband.

6. Heg genoeg blombondeltjies aan die nekband totdat jy tevrede is met hoe dit lyk.

7. Nou is jou kans om jou persoonlike stempel af te druk: Plak sierlike lint op enige oop deel van die nekband of, indien jy ’n halsband gebruik, verbloem die gespe met fyn blommetjies.

8. Wanneer jy tevrede is met jou skepping kan jy die band om jou dieremaat se nek bind. Neem ’n foto en deel dit op sosiale media, gemerk @GardenDaySA en @tuishomemag, en onthou die hutsmerke #GardenDaySA en #tuishomemag.

Wenk: Omdat vars blomme maklik verwelk, is dit raadsaam om jou hond se blomband eers op die oggend van Tuindag, of die vorige aand, te maak.

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees