
Wat jy nodig het
- Alcolin Professional Wood Glue
- twee planke van 650 mm x 228 mm x 38 mm (sye)
- twee planke van 400 mm x 228 mm x 38 mm (blad en bodem)
- een pakkie 6 mm x 50 mm-skroewe • 6 mm-glas (450 mm x 250 mm)
So maak jy ...
Voor jy begin Saag ’n 7 mm breë gleuf (ongeveer 10 mm diep) oor die middel van een kant van elk van die twee 650 mm-sye.
1 Heg die 400 mm-planke met Alcolin Professional Wood Glue en skroewe op die ente van ’n 650 mm-plank, met die gesaagde gleuf aan die binnekant.
2 Lym en skroef die ander 650 mm-sy haaks oor die rande by die ander ent van die 400 mm-planke vas; sorg weer dat die gleuf aan die binnekant is.
3 Vul alle skroefgate met houtvuller en skuur deeglik wanneer dit droog is. Skuif die 6 mm-glas in die gleuwe om jou tafeltjie te voltooi.
Besoek www.alcolin.com vir produkinligting of skakel die Sticky Questions-hulplyn tolvry by 0800 222 400 vir raad.