book-icon Uitgawe Junie 2019
Deel

Naweekprojek: ’n Pragtige voetstoel

akkreditasie
Francois Oberholster
Gebruik hout en lap vir dié oulike voetstoel wat jy sommer vinnig kan aanpak.

Wat jy nodig het

  • 18 mm-laaghout, in ’n sirkel gesaag (450 mm D)
  • 100 mm-mediumdighteidspons, in ’n sirkel gesny (450 mm D)
  • watteersel, rofweg in ’n sirkel geknip (750 mm D)
  • lap van jou keuse, rofweg in ’n sirkel geknip (750 mm D)
  • Alcolin Contact Adhesive
  • drie 200 mm-houtpote
  • twaalf 4 mm x 20 mm-skroewe
  • kramgeweer
  • skroewedaaier

So maak jy

1 Roer die Alcolin Contact Adhesive voor gebruik. Wend dit aan die laaghout en spons en laat dit vir 10 minute staan om taai te raak.

2 Plaas die spons op die laaghout sodat dit aan mekaar kan vaskleef.

3 Sit die spons en laaghout dan op die middel van die watteersel neer met die sponskant na onder. Vou die watteersel oor die laaghout en kram vas; trek dit telkens styf. Knip die oortollige watteersel af.

4 Doen dieselfde met die lap.

5 Posisioneer die pote ewe ver uit mekaar op die basis en skroef vas.

Besoek www.alcolin.com vir produkinligting of skakel die Sticky Questions-hulplyn tolvry by 0800 222 400 vir raad.

Jongste uitgawe

April 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees