
Wat jy nodig het
• ou sluitkas (1 800 x 300 x 450 mm)*
• Evo-Stik Sticks Like Sh*t
• 18 mm-gerigteveselbord (“OSB”), in die volgende panele gesaag:
twee 1 185 x 435 mm (sye onder)
twee 435 x 330 mm (sye bo)
een 330 x 264 mm (rugkant bo)
een 1 185 x 264 mm (rugkant onder)
twee 410 x 264 mm (rak en bodem)
• figuursaag
• Alcolin Fast Set Wood Glue
• skaaf
• skroewedraaier
• ’n 256 mm-lengte klerereling
• 2 relingsokke
* Pas die mate en materiaal aan volgens die grootte van jou kas.
1 Merk en saag die boonste hoekies van die twee 1 185 x 435 mm-sye uit sodat dit knus onder die metaalrak kan inskuif. Spuit ’n paar kolle van die Sticks Like Sh*t op die agterkant van hierdie planke en druk dit teen die sye in die onderste deel van die kas vas.
2 Doen nou dieselfde met die twee 435 x 330 mm-planke en druk dit teen die sye in die boonste deel van die kas vas. Plak die 330 x 264 mm-rugkant agter in die boonste gedeelte, en die 1 185 x 264 mm-rugkant in die onderste deel.
3 Lym ’n dun dennehoutstrokie (4-5 mm) aan ’n kort ent van die rak- en bodempaneel met Alcolin Fast Set Wood Glue. Wag tot dit droog is en skaaf gelyk met die planke. Plak elke paneel vas en verf die randstroke dieselfde kleur as die kas.
Laastens
Skroef die klerereling met die sokke aan die sye vas vir hangers en klere.