So gee jy jou bad ’n nuwe bolaag

akkreditasie
Francois Oberholster
Is jou bad in ’n treurige toestand? Ons wys jou in ’n paar maklike stappe hoe om dit ’n nuwe bolaag te gee ...

Foto’s Francois Oberholster

PROJEKGIDS
  • Harde werk 3/10
  • Vaardigheidsvlak 3/10
  • Tyd nodig 3 uur, plus droogtyd
  • Doen dit self vir ± R840 (Rust-Oleum Tub & Tile R720, bladkoper R100, verguldgom R20)

DEEL #1 Gee die bad ’n nuwe bolaag

Wat jy nodig het

GEREEDSKAP
  • skuurder
  • klein bokhaarroller en verfbak
  • kwas
  • lap
INKOPIELYS
  • Rust-Oleum Tub & Tile (beskikbaar by Builders)
  • 60-, 80- en 100-grint-skuurpapier
  • verdunner om die kwas en roller skoon te maak
  • blou verwersmaskeerband

So maak jy ...

1. Gebruik die 60- en 80-grint-skuurpapier om ontslae te raak van enige skurwe en skilferige oppervlakke in die bad. Skuur dit dan verder glad met die 100-grint-skuurpapier.

2. Vee enige stof weg met ’n lap; die oppervlak van die bad moet heeltemal stofvry en droog wees voor jy begin verf. Meng die twee bestanddele van die herstelproduk volgens die aanwysings.

3. Plak die krane en uitlate toe met maskeerband en wend dan die verf met die roller en kwas aan.

4. Wag tot die eerste laag droog is en wend ’n tweede laag aan. Gee die verf drie dae kans om droog te word voor jy die bad gebruik.

DEEL #2 Versier die pote met bladkoper

Wat jy nodig het

GEREEDSKAP
  • 2 kwaste (een om die gom aan te wend en een sagtehaarkwas)
INKOPIELYS
  • bladkoper
  • verguldgom (kleefmiddel)

So maak jy ...

1. Verf die kleefmiddel aan die pote; laat dit 10–15 minute staan om taai te word.

2. Plaas die bladkoper versigtig op die pote en druk dit vas met die sagtehaarkwas; maak deurgaans seker dit kleef oral.

3. Vee enige oorskiet-bladkoper af met die skoon sagtehaarkwas.

Plant en aalwyn in glasvase, skoonheidsprodukte en handdoek van Woolworths; skinkbord, seephouer en badmat van @home

VERSKAFFERS
  • @home 0860 66 66 74, home.co.za
  • Builders 0860 284 533, builders.co.za
  • Woolworths 0860 022 002, woolworths.co.za


Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees