So maak jy jou eie reseptehouer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Maak ’n pragtige houtlêer vir al jou gunsteling-familieresepte met Woodoc.

Wat jy nodig het

  • 6 mm-laaghout in die volgende groottes:  
  • twee stukke van 160 x 230 mm (voor- en agterblad) 
  • een stuk van 230 x 35 mm (rugkant)
  • swart materiaalkleefband (iets soos “gaffer tape”)
  • ringlêermeganisme (ons het een uit ’n ou lêer hergebruik)
  • boor en 3 mm-houtboorpunt
  • buisklinknaels
  • hamer
  • “Familieresepte”-patroonplaat
  • maskeerband
  • deurslagpapier
  • pen
  • klein kunstenaarskwas
  • appel, in die helfte deurgesny
  • Woodoc Gel Stain in die kleur Ebony
  • Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt
  • verfkwas
  • 100-grint-skuurpapier
  • kontrolekaarte
  • gaatjiedrukker

Metode

Plaas die drie stukke laaghout langs mekaar, met die rugkant tussen die voor- en agterblad sodat die lang sye na mekaar wys. Spasieer die dele sowat 5 mm uitmekaar en plak hulle aan mekaar vas met die materiaalkleefband.

2 Plaas die ringlêermeganisme in die middel van die agterblad en merk waar die klinknaels moet kom.

3 Boor gate vir die klinknaels by die merke wat jy in stap 2 gemaak het.

4 Kap die klinknaels met die hamer plat om die ringlêermeganisme op sy plek te heg.

Posisioneer die “Familieresepte”-patroonplaat op die voorblad en trek die letters af met ’n pen en deurslagpapier.

6 Verf die letters versigtig met die Woodoc Gel Stain.

Gebruik een appelhelfte soos ’n stempel en druk die appelvorm met die Woodoc Gel Stain onder die geverfde woorde. Beklemtoon die buitelyn en voeg ’n takkie by met die kunstenaarskwas. 

8 Laat die Woodoc Gel Stain heeltemal droog word, verseël die lêer aan die binne- en buitekant met drie lae Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt; laat elke laag goed droog word voordat jy die volgende laag aanwend en skuur liggies ná die eerste twee lae droog is (maar nie ná die laaste laag nie).

9 Pons gaatjies in die kontrolekaarte. Nou kan jy al jou gunsteling-familieresepte op die kaarte skryf en in jou nuwe lêer hou.

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees