VIDEO: So maak jy kleurvolle speelblokkies

Vennootskapsveldtog Vennootskapsveldtog
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Foto’s ER Lombard

Skep hierdie perfekte Kersgeskenk met Woodoc; gebruik dan ’n lapsak om dit in toe te draai of as jy dit iewers heen wil saamneem.

Wat jy nodig het

  • oorskietstukke dennehout
  • tekendriehoek
  • potlood figuursaag
  • G-klampe
  • skuurpapier
  • Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt
  • Woodoc Colours in Opal en Brights (Pink, Orange en Yellow); (Full Moon is opsioneel)
  • 4 mengflesse en roerplankies
  • maskeerband
  • verfkwaste
  • katoensakkie met trekkoord

1. Meet en merk verskillende lengtes en vorms op die hout.

2. Gebruik die figuursaag en saag die vorms uit. Heg altyd jou hout met G-klampe aan jou werkbank wanneer jy met ’n figuursaag werk, vir jou eie veiligheid.

3. Skuur die blokkies se rande glad.

4. Skink sowat 70 ml Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt in die mengflesse. Voeg omtrent ’n teelepel van elk van die Woodoc Colours by die onderskeie flesse. Ons het ’n bietjie Full Moon by elke mengsel gevoeg om die kleure effens te versag tot lieflike roomysskakerings.

5. Plak ’n strook maskeerband skuins van hoek tot hoek oor party van die blokkies, maar nie almal nie.

LEES VOLGENDE: Maak jou eie huisnommer

6. Verf een of twee oppervlakke op elke blokkie met die kleure wat jy in stap 4 gemeng het, maar laat ook party van hul sye ongeverf – daar is geen reëls nie, verf soveel blokkiesye as wat jy wil.

7. Wag tot al die gekleurde oppervlakke heeltemal droog is voor jy elke blokkie oraloor verseël met drie lae Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt.

Laat die verseëlaar heeltemal droog word tussen lae en skuur dit liggies ná die eerste twee lae droog is voor jy die volgende laag aanwend. Moenie ná die derde laag skuur nie. 8. Bêre jou speelblokkies in ’n katoensak met ’n trekkoord.

Jongste uitgawe

Mei | Junie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees