Só maak jy ’n groei-maatstok

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Gee jou kleinding se kamer ’n speelse kinkel met Woodoc.

Wat jy nodig het

  • dennehoutplank van 1,75 m x 12 mm x 144 mm
  • maatband
  • tekendriehoek
  • potlood
  • maskeerband
  • Woodoc Waterborne FLOOR Clear Matt
  • Woodoc Colours in Full Moon en Brights (Pink)
  • verfkwaste
  • twee menghouers
  • roerspane
  • swart viniel-lynband
  • swart vinielsyfers

Só maak jy

1 Meet en merk 25 cm-seksies oor die lengte van die plank.

2 Blokkeer elke tweede seksie (wat jy nie wil verf nie) deur maskeerband aan die binnerand daarvan te plak.

Gooi sowat 100 ml Woodoc Waterborne FLOOR Clear Matt in elke menghouer. Voeg die Woodoc Colours by die onderskeie houers en roer goed.

4 Wend die pienk mengsel op die oop seksies aan (tussen die geplakte dele). Laat dit droog word en trek dan die maskeerband af.

5 Meet en merk ’n 5 cm-strook aan een lang sy van die plank af met maskeerband.

6 Wend twee lae van die Full Moon-mengsel aan oor die strook wat jy in stap 5 gemerk het. Wag tot droog en verwyder die maskeerband.

7 Verseël die maatplank met twee lae Woodoc Waterborne FLOOR Clear Matt op al die sye. Laat die verseëlaar droog word tussen lae.

8 Meet en maak merke 5 cm uitmekaar oor die lengte van die wit strook. Plak ’n 6 cm-viniellyn waar die pienk en natuurlike seksies bymekaarkom; plak 4 cm vinielband op al die merke tussenin.

Plak die vinielsyfers langs elke 6 cm-lyn. Onthou dat jy jou maatplank 25 cm bo die vloer moet installeer, wat beteken die eerste maat wat jy aandui, sal 50 cm wees, gevolg deur 75 cm, ensovoorts, tot heel bo. 

Jongste uitgawe

Augustus 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees